Josua 6:7-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die ark van die Here optrek.

8. En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die Here en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die Here agter hulle aan gaan.

9. Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.

10. En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu.

Josua 6