Josua 6:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR Jérigo het sy poorte gesluit en was gesluit vanweë die kinders van Israel; niemand het uit- of ingegaan nie.

2. Toe het die Here vir Josua gesê: Kyk, Ek gee Jérigo met sy koning en dapper helde in jou hand.

3. Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.

4. En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;

5. en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk ’n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.

6. Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die Here dra.

7. En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die ark van die Here optrek.

8. En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die Here en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die Here agter hulle aan gaan.

Josua 6