Josua 19:7-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met hulle dorpe;

8. en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, tot by Báälat-Beër, die Rama van die Suidland. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte.

9. Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van Símeon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle te groot was; daarom het die kinders van Símeon geërwe in die middel van húlle erfdeel.

10. EN die derde lot het opgekom vir die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte, en die lyn van hulle erfdeel was tot by Sarid.

11. En hulle lyn loop op in westelike rigting na Marála en raak aan Dabbéset en aan die spruit wat teenoor Jókneam loop;

12. en van Sarid af swaai dit na die oostekant, teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Dáberat en loop op na Jáfia;

13. en daarvandaan loop dit oor na die ooste teen sonop, na Gat-Hefer, na Et-Kasin, en loop aan na Rimmon wat hom na Nea toe uitstrek;

14. dan swaai die lyn noord daaromheen na Hannáton en loop dood by die dal Jiftag-El;

15. en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.

16. Dit was die erfdeel van die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

17. VIR Íssaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte;

18. en hulle grondgebied was na Jísreël toe en Kesúllot en Sunem,

19. en Hafaráim en Sion en Anagárat,

20. en Rabbit en Kisjon en Ebes,

21. en Remet en En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases;

22. en die lyn raak aan Tabor en Sahasíma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe.

23. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

Josua 19