Josua 19:33-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. en hulle lyn was van Helef, van die eikeboom by Saänánnim af, en Adámi-Nekeb en Jábneël tot by Lakkum, en dit loop dood by die Jordaan;

34. dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;

35. en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en Kinnéret,

36. en Adama en Rama en Hasor,

37. en Kedes en Edréï en En-Hasor,

38. en Jireon en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe.

Josua 19