Josua 15:19-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. En sy sê: Gee my tog ’n geskenk; omdat u my na ’n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.

20. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte.

21. En die stede van die uiteinde van die stam van Juda se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: Kábseël en Eder en Jagur,

22. en Kina en Dimóna en Adáda,

23. en Kedes en Hasor en Jitnan,

24. Sif en Telem en Béalot,

Josua 15