1. EN dit is wat die kinders van Israel as erfdeel in die land Kanaän ontvang het, wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel aan hulle as erfenis uitgedeel het
2. deur verloting van hulle erfdeel, soos die Here deur die diens van Moses beveel het, met betrekking tot die nege en ’n halwe stam.
3. Want Moses het die erfdeel van die twee en ’n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie.