Johannes 17:11-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.

12. Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.

13. Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.

14. Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

15. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.

16. Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

17. Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

18. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

19. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

Johannes 17