Johannes 10:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ’n ander kant af inklim, hy is ’n dief en ’n rower.

2. Maar hy wat by die deur ingaan, is ’n herder van die skape.

3. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

Johannes 10