Job 42:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Job die Here geantwoord en gesê:

2. Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

3. Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.

4. Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

5. Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.

6. Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

7. EN nadat die Here Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die Here aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

8. Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring ’n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

9. Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die Here aan hulle gesê het; en die Here het Job in guns aangeneem.

Job 42