Job 34:21-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.

22. Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.

23. Want Hy hoef nie lank op ’n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.

24. Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.

25. So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.

26. Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,

27. omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie —

28. om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.

29. En gee Hý rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? — of dit al ’n nasie betref of ’n mens, almal saam;

30. sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.

Job 34