Job 34:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.

20. In ’n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word ’n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf — nie deur ’n hand nie.

21. Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.

22. Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.

23. Want Hy hoef nie lank op ’n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.

24. Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.

25. So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.

Job 34