2. Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.
3. Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;
4. hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.
5. Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor ’n dief.
6. In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.
7. Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar —
8. dwase, ja, eerlose mense wat met ’n sweep uit die land geslaan word.
9. En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.
10. Hulle het ’n afsku van my, staan op ’n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.
11. Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.
12. Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.