Job 29:12-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.

13. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.

14. Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos ’n mantel en ’n tulband.

15. Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.

16. ’n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.

Job 29