Job 18:7-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.

8. Want hy raak in ’n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van ’n vangkuil.

9. ’n Vangnet gryp sy hakskeen, ’n strik hou hom vas.

10. ’n Tou is vir hom verberg in die grond en ’n valstrik vir hom op die pad.

11. Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.

12. Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.

13. Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.

14. Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.

15. DAAR woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.

Job 18