Job 16:3-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Kom daar nou ’n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?

4. Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;

5. ek sou julle kon versterk met my mónd, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!

6. AS ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou — watter verligting bring dit my?

7. Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.

8. En U het my gegryp — ’n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.

9. Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.

10. Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.

11. God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.

12. Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.

13. Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.

Job 16