3. wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie — as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!
4. Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ’n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.
5. U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, Ú was toornig, en ons het gesondig; in dié toestand was ons baie lank, en — sal ons verlos word?
6. En ons het almal geword soos ’n onreine, en al ons geregtighede soos ’n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.
7. En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
8. Maar nou, Here, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
9. Here, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.
10. U heilige stede het ’n woestyn geword; Sion het ’n woestyn geword, Jerusalem ’n wildernis.