20. Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die Here sal vir jou wees ’n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
21. En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit — as lote deur My geplant, ’n werk van my hande, tot my verheerliking.
22. Die kleinste sal ’n geslag word en die geringste ’n magtige nasie. Ek, die Here, sal dit op die regte tyd gou laat kom.