Jesaja 6:11-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot ’n wildernis,

12. en die Here die mense ver verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.

13. En as nog ’n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom — as hulle omgekap word — ’n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.

Jesaja 6