Jesaja 57:12-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Ék sal jou geregtigheid bekend maak en jou werke, dat hulle jou geen voordeel bring nie.

13. As jy skreeu, laat jou hoop gode jou red; maar die wind lig hulle almal op, ’n luggie neem hulle weg. Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en my heilige bergland in besit neem.

14. EN hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk.

15. Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.

16. Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het.

17. Ek was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan op hulle eie weg.

18. Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges.

19. Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die Here; en Ek sal hulle genees.

20. Maar die goddelose is soos ’n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op.

21. Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!

Jesaja 57