Jesaja 57:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid.

2. Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde — hy wat sy reguit pad loop.

3. Maar julle, kom hierheen, kinders van ’n towerheks, geslag van ’n owerspeler en van haar wat hoereer!

4. Oor wie maak julle jul vrolik? Oor wie spalk julle die mond oop, steek julle die tong uit? Is julle nie kinders van oortreding, ’n leuenagtige geslag nie,

5. wat verhit is by die terpentynbome, onder elke groen boom; wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe?

Jesaja 57