3. Want so sê die Here: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.
4. Want so sê die Here Here: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.
5. Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die Here; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die Here, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.
6. Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!
7. HOE lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!
8. Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die Here terugkeer na Sion.