Jesaja 52:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ONTWAAK, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie.

2. Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem! Maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion!

3. Want so sê die Here: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.

4. Want so sê die Here Here: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.

5. Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die Here; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die Here, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.

Jesaja 52