1. LUISTER na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die Here soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.
2. Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig.
3. Want die Here vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die Here; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.