Jesaja 25:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.

2. Want U het van ’n stad ’n hoop klippe gemaak, van ’n versterkte vesting ’n puinhoop; ’n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.

3. Daarom sal ’n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees.

Jesaja 25