Jesaja 24:3-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die Here het hierdie woord gespreek.

4. Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.

5. Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.

6. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ’n gloed verteer en bly daar min mense oor.

Jesaja 24