Jeremia 9:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AG, was my hoof maar water en my oog ’n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is van die dogter van my volk.

2. Ag, het ek in die woestyn maar ’n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; want hulle is almal owerspelers, ’n hoop ontroue mense.

3. En hulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens, en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek die Here.

4. Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net ’n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery.

Jeremia 9