Jeremia 47:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woord van die Here wat aangaande die Filistyne tot die profeet Jeremia gekom het voordat Farao Gasa verslaan het.

2. So sê die Here: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal ’n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil,

3. weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie — so slap is die hande —

4. weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die Here maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.

Jeremia 47