8. Die profete wat daar voor my en voor jou gewees het, van ouds af, het geprofeteer teen magtige lande en teen groot koninkryke van oorlog en onheil en pes.
9. Die profeet wat profeteer van vrede — as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die Here waarlik gestuur het.
10. Daarop het die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en dit verbreek.
11. En Hanánja het gespreek in teenwoordigheid van die hele volk en gesê: So spreek die Here: So sal Ek verbreek die juk van Nebukadnésar, die koning van Babel, in nog twee jaar, van die nek van al die nasies. En die profeet Jeremia het weggegaan.