15. En die profeet Jeremia het aan die profeet Hanánja gesê: Luister tog, Hanánja! Die Here het jou nie gestuur nie, maar jý het hierdie volk op leuens laat vertrou.
16. Daarom, so sê die Here: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van die Here verkondig het.
17. En die profeet Hanánja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterwe.