Jeremia 19:13-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegiet het vir ander gode.

14. Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen die Here hom gestuur het om te profeteer, en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van die Here en aan die hele volk gesê:

15. So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie.

Jeremia 19