6. Geeneen is soos U nie, o Here! U is groot, en u Naam is groot in krag.
7. Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.
8. Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode — dit is hout.
9. Silwer wat plat geslaan is, word uit Tarsis gebring en goud uit Ufas, die werk van die ambagsman en van die hande van die goudsmid; pers en purperrooi is hulle klere; ’n werk van kunstenaars is hulle almal.
10. Maar die Here is waarlik God, Hy is die lewende God en ’n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan sy grimmigheid nie verdra nie —
11. so moet julle vir hulle sê: Die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie, sal vergaan van die aarde af en onder hierdie hemel uit —