Hoséa 7:11-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. So het Efraim dan geword soos ’n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.

12. Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is.

13. Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! Ék tog wou hulle verlos, maar húlle het leuens teen My gespreek.

Hoséa 7