Hoséa 7:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TERWYL Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samaría; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en ’n rowerbende plunder op die straat.

2. En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor my aangesig.

3. Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.

Hoséa 7