Hooglied 3:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.

6. WIE is dit wat daar opkom uit die woestyn soos rookpilare, omgeurd van mirre en wierook, van allerhande speserye van die koopman?

7. Kyk, dit is die draagstoel van Salomo, sestig helde daaromheen, van die helde van Israel,

8. hulle almal met ’n swaard gewapend, geoefend vir oorlog, elkeen met sy swaard aan sy heup vanweë die nagtelike verskrikking.

9. Koning Salomo het vir hom ’n draagstoel gemaak van die hout van die Líbanon;

10. die steile daarvan het hy gemaak van silwer, die leuning van goud, die sitplek van purper, die binnekant mooi opgemaak — ’n liefde gawe van die dogters van Jerusalem.

Hooglied 3