Hebreërs 11:32-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal,

33. wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop,

34. die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.

35. Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ’n beter opstanding te kan verkry.

36. Ander weer het die proef van bespottinge en géselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.

Hebreërs 11