41. En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.
42. En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.
43. En hy het ’n geruime tyd in Joppe gebly by ’n sekere Simon, ’n leerlooier.