Handelinge 25:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. FESTUS het dan in die provinsie gekom en ná drie dae van Cesaréa opgegaan na Jerusalem.

2. En die hoëpriester en die vernaamstes van die Jode het Paulus by hom aangeklaag

3. en by hom aangedring en gevra, as ’n guns teen Paulus, dat hy hom na Jerusalem moes laat haal; terwyl hulle intussen ’n hinderlaag voorberei het om hom op die weg om te bring.

4. Maar Festus het geantwoord dat Paulus in Cesaréa bewaak word en dat hy self spoedig daarheen sou reis.

5. Laat dan dié onder julle, sê hy, wat bevoeg is, saamgaan, en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.

6. En nadat hy nie meer as tien dae onder hulle deurgebring het nie, het hy na Cesaréa afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Paulus voorgebring moes word.

7. En toe hy verskyn, het die Jode wat van Jerusalem afgekom het, rondom hom gestaan en baie en swaar beskuldiginge teen Paulus ingebring wat hulle nie kon bewys nie,

Handelinge 25