Génesis 50:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE val Josef op sy vader se aangesig, en hy het oor hom geween en hom gesoen.

2. En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.

3. En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween.

4. En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao:

5. My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my graf wat ek vir my in die land Kanaän uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.

6. En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.

7. Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom opgetrek, en al die oudstes van Egipteland;

8. ook die hele huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen laat agterbly.

9. En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit ’n baie groot trek was.

10. En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar ’n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.

11. Toe die inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is ’n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misráim genoem, wat oos van die Jordaan lê.

12. En sy seuns het met hom gedoen net soos hy hulle beveel het:

Génesis 50