Génesis 47:2-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En hy het uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle aan Farao voorgestel.

3. Toe sê Farao aan sy broers: Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders.

4. Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as vreemdelinge in die land te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die land Gosen woon.

5. Daarop het Farao met Josef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom.

Génesis 47