Génesis 46:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En die seuns van Símeon: Jémuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou.

11. En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

12. En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

13. En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en Job en Simron.

14. En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.

15. Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie-en-dertig.

Génesis 46