Génesis 43:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die hongersnood was swaar in die land.

2. En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer ’n bietjie voedsel.

3. Toe het Juda hom geantwoord: Die man het ons uitdruklik gewaarsku en gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.

4. As u ons broer saam met ons stuur, sal ons aftrek en vir u voedsel koop;

5. maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek nie; want die man het aan ons gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie by julle is nie.

Génesis 43