Génesis 40:2-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers.

3. En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was.

4. En die owerste van die lyfwag het Josef by hulle aangestel om hulle te bedien. En hulle was ’n tyd lank in bewaring.

5. En hulle het altwee ’n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen ’n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het.

6. En Josef het die volgende môre by hulle gekom en gesien dat hulle ontstemd was.

7. Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom in bewaring was in die huis van sy heer, en sê: Waarom lyk julle aangesig vandag so droewig?

8. En hulle antwoord hom: Ons het ’n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle: Is uitlegging nie ’n saak van God nie? Vertel my tog.

9. Toe vertel die voorman van die skinkers aan Josef sy droom en sê vir hom: In my droom was daar ’n wingerdstok voor my,

10. en aan die wingerdstok was drie ranke; en skaars het hy gebot of sy bloeisel was uit, sy trosse het ryp druiwe geword.

11. En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gegee.

12. Toe sê Josef vir hom: Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke is drie dae.

13. Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef — jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.

14. Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ’n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit;

Génesis 40