31. En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar ’n koning geregeer het oor die kinders van Israel:
32. Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.
33. En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.
34. En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.