Génesis 36:29-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,

30. die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr.

31. En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar ’n koning geregeer het oor die kinders van Israel:

32. Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.

33. En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.

34. En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.

35. En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.

Génesis 36