Génesis 36:24-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het.

25. En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana.

26. En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.

27. Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan.

28. Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.

Génesis 36