1. EN dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.
2. Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet;
3. en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
4. En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.