Génesis 35:25-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.

26. En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

27. En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.

28. En die dae van Isak was honderd-en-tagtig jaar.

29. En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.

Génesis 35