Génesis 25:4-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Éldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.

5. En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,

6. maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.

Génesis 25