9. En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En wat het ek teen jou gesondig, dat jy oor my en my koninkryk ’n groot sonde gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen.
10. Verder sê Abiméleg vir Abraham: Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het?
11. En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtig geen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak.
12. En sy is ook werklik my suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword.
13. En toe God my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys — op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: Hy is my broer.
14. Toe neem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sara het hy aan hom teruggegee.
15. En Abiméleg sê: Daar lê my land voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë.
16. En vir Sara sê hy: Hier gee ek aan jou broer duisend sikkels silwer. Kyk, dit is vir jou ’n bedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is.
17. Toe het Abraham tot God gebid, en God het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar.
18. Want die Here het elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.