Génesis 10:1-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet — vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.

2. Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.

3. En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma.

4. En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete —

5. uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.

6. En die seuns van Gam was: Kus en Misráim en Put en Kanaän.

7. En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan.

8. Kus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om ’n geweldenaar op aarde te wees.

9. Hy was ’n geweldige jagter voor die aangesig van die Here. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ’n geweldige jagter voor die aangesig van die Here.

10. En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.

11. Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag

12. en Resen, tussen Ninevé en Kalag — dit is die groot stad.

13. En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete

Génesis 10